MISSION  41 of  2010

Name of Mission: Makhado Mine
Date of Mission: 30th November 2010
Aircraft used: Cessna 182        
Pilot: Noel McCullough                  
Beneficiary: Elise Tempelhoff


Objective of the Flight

To survey and acquire photographic evidence of alleged illegal mining activites in the Soutpansberg

Beneficiary’s story of the mission        By Elise Tempelhoff

We had a magnificent flight from Lanseria to the Soutpansberg on 29 November, and thank you to The Bateleurs for the opportunity to inspect CoAL’s environmental atrocities from the air.

Coal of Africa (COAL) is engaged in alleged illegal mining activities in the Soutpansberg, north of Louis Trichardt.  They have drilled boreholes and bulk sampling holes in underground rivers.  What we saw during our Bateleurs-supported flight is equivalent to actual mining taking place – for which COAL has no water licence or any approval from the Department of Environmental Affairs.

Thank you to The Bateleurs for a fantastic flight, and a special thank you to our pilot, Noel McCullough.  Noel is an excellent pilot and we had some wonderful experiences – flying though the clouds for at least two hundred kilometers.  Flying over the Soutpansberg on our return was a breathtaking experience, and it was also wonderful to fly over the western side of the mountain towards the mine.

Was the objective of the Flight met? Yes – absolutely.

The text below is copied from Elise Tempelhoff’s BLOG

Soutpansberg
Dond 2 Des 2010, 07:02

CKmyn02SmallDie skakels hieronder sal dié blad by ‘n sosiale boekmerk-werf voeg. Hierdie tipe webwerwe laat jou toe om ‘n versameling van persoonlike boekmerke op te bou. Dis ‘n beter stelsel as jou webleser se boekmerk-funksie omdat jy die boekmerke van enige plek oor die Internet kan kry en ook sódoende met vriende kan deel. Gebruik die onderstaande skakels om hierdie pos te deel op ‘n sosiale boekmerk-werf van jou keuse. Lees meer oor sosiale boekmerke op Rapporteer Misbruik
Ek en spesialisfotograaf, Christiaan Kotzé, het vandeesweek (Dinsdag) die voorreg gehad om saam met mnr. Noël McCullough Soutpansberg toe te vlieg om na Coal of Africa (CoAL) se nuwe Makadomyn te gaan kyk.

Noël vlieg vir Die Bateleurs- ‘n groep vlieëniers- wat vir die omgewing dwarsoor Afrika vlieg.

Dit was ‘n lang vlug, maar ‘n onbeskryflike ervaring om ‘n groot deel van ons land (noord van Johannesburg tot “agter” die Soutpansberg ) vanuit die lug te sien.
Ons het oor Nylsvley gevlieg en so uit die lug besef ‘n mens watter kwesbare rivierstelsel hierdie is. Terloops, die staatsmynhuis, African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), wil híér “in landsbelang” steenkool myn. Dis belangrik dat lesers hiervan kennis neem en dit vroegtydig teenstaan.

CKmyn06SmallOns kon nie by Hanglip oor die Soutpansberg kom nie, omdat lae digte wolke oor hierdie wonderlike berg gehang het. Noël, ‘n baie bekwame vlieënier het toe besluit ons moet weswaarts vlieg, by Vivo verby en om die “punt””van die Soutpansberg agterom vlieg.

Ek is so dankbaar dat ons dit gedoen het, want ons is oor die soutpanne (vandaar Soutpansberg se naam) en kon duidelik vanuit die lug die onderaardse riviere (wat bo in die berg ontspring) sien.

Wat ‘n sensitiewe omgewing! ‘n Mens dink dis dor en droog hier, maar die riviere loop almal onder die aarde (ook onder die sand) en voed die Limpoporivier. Hierdie gebied staan bekend as die Limpoporivierkom.

Ek vermoed die N1 is ‘n waterskeiding vir riviere wat (by Waterpoort) weswaarts loop en oos van die hoofpad ooswaarts loop.

Dié wat westekant toe loop, is soutriviere (vandaar die soutpanne aan die voet van die berg). Dié riviere wat ooswaarts loop, bestaan uit vars water en voed onder meer die Nzheleledam en die warm waterbron by Tshipese.

CKmyn15SmallOns is toe agter by Waterpoort verby, oor die N1 en daar kry ons toe CoAL se nuwe myn. CoAL vertel hulle is besig met “bulk sampling” – die neem van groot monsters vir ontleding. Máár die destydse Iscor het al in die jare tagtig prospekteerwerk hier gedoen en gesien die steenkool hier is van ‘n baie hoë gehalte. Waarom daar nog monsters geneem moet word, is nie duidelik nie. Dis vrae wat ek aan CoAL gevra het. Ek wag nog vir hul antwoorde.

Wat wel duidelik is, is dat CoAL besig is om steenkool uit die water te grawe. Groot skade word hier aangerig en die vermoede bestaan dat hier nou ‘n vermening van sout -en varswater plaasgevind het. Die uitdaging is nou om vas te stel of dit wel gebeur het.

Ek het ook vir CoAL gevra om hul waterlisensie vir my te stuur en al die omgewingstudies wat hulle móés doen voordat hulle met hierdie aktiwiteit begin het.  Ek wil ook by hulle al die notules van vergaderings kry wat hulle met die gemeenskap hier gevoer het. Mnr. Riaan van der Merwe, bedryfshoof van CoAL het op 10 November in Musina (toe CoAL oor Vele vergader het) gesê hulle het met die Louis Trichardt sakekamer vergader- dit is nie goed genoeg nie, inteendeel.

Blykbaar is CoAL nou die enigste groot mynhuis wat steenkool in die Limpopokom gaan uithaal- mits hulle nie gekeer word nie. Die steenkoolveld loop van Botswana in die weste tot by die Limpopovloedvlakte in Mosambiek: goeie gehalte steenkool glo, wat ArcelorMittal in sy hooghoonde wil verbrand sodat hy staal kan maak. Dalk moet CoAL op ‘n ander minder sensitiewe plek na hierdie soort steenkool gaan soek en die habitant van die kremetarte met rus laat.

CKmyn16SmallPilot’s story of the mission            By Noel McCullough

I met the flight requestor, environmental journalist Elise Tempelhoff, at Lanseria on the morning of 30th November, from where we flew low level to Makhado.  Low cloud in the area made it necessary for us to fly an extra 30 minutes around.  We located the mine in question and confirmed that illegal mining activities were taking place, apparently without a water licence.

We returned to Lanseria in instrument conditions as heavy cloud had moved in.